Saturday 28 April 2012

In die bed bly weer

Vanoggend toe ek wakker word en sien 'n koue front het ons getref het ek gedink dat 'n dag in die bed is wat die weermeester voorgestel het.

Ek het terug gedink hoe ek toe ek so bietjie jonger was op sulke dae geslaap het tot ten minste 12 uur toe. Lui, lui uit die bed opgetaan, deur die stort gespring en 'n sweetpak aangetrek het. Daarna op my dvd rak gaan kyk watter een ek lanklaas gekyk het en my dag verder op die bank deurgebring. As ek nie lus was vir 'n dvd nie, was dit 'n boek. En moet nie die pot tee vergeet nie.

Deesdae raak ek agt uur wakker en by half nege is my lyf moeg gelĂȘ en wil ek aan die gang kom. As ek eers op is, is daar nie keer nie. Dis koffie, kombuis, ontbyt, skoonmaak, rekenaar en die lysie raak net voller en voller.

Nou wonder ek - word mens minder lui hoe ouer jy word? Is daar sommige mense wat net lui is van natuur en lui sal bly? Gaan ek weer lui kan raak?


No comments:

Post a Comment